Feedback

X
Dante se mistieke reis – Derde tog

Dante se mistieke reis – Derde tog

0 Ungluers have Faved this Work
In hierdie werk bied J.S. Krüger aan die leser ’n keurige Afrikaans vertaling en mistiekreligieuse vertolking van die Paradiso van die Italiaanse digter-denker Dante Alighieri (1265–1321). Dit is die derde deel van die grootste trilogie, Divina Commedia, bestaande uit Inferno (2013) en Purgatorio (2020), en hierdie publikasie sluit met die vertaling-vertolking van die Paradiso af. Die Paradiso is stellig een van die merkwaardigste religieuse en artistieke hoogtepunte van die Westerse beskawing, verskynend op die kruin van die Middeleeuse epog, daardie sublieme sintese van Christelike geloof en Griekse filosofie, tans opgeneem in ’n skynbaar onomkeerbare proses van disintegrasie. ’n Sentrale uitgangspunt van die boek, afwykend van die heersende sekularisme en materialisme in die post-moderne Weste, is dat religie ’n sentrale neiging en behoefte van die menslike spesie is. Die skrywer sien mistiek as verbinding van diepsinnige kognitiewe insig, emosionele suiwerheid en morele skoonheid, as die hoogste vlak van menslike ontwikkeling. Dante se trilogie word gelees as die aanbod van ’n God-aanskouende kenner van die menslike lot van leef en sterf en hiernamaals voortleef, as inderdaad die uitdruk van Dante se eie lewensloop sy eksistensiële lyding, loutering en finale katarsis: sy besef van persoonlike tekortkominge en lyding in moeilike omstandighede (Inferno) in sy jeug; geleidelik oorkom in ’n lang proses van ballingskap in sy eie vaderland (Purgatorio); uiteindelik gefinaliseer in ’n deurbraak tot innerlike vrede in God-aanskouende saligheid kort voor sy dood (Paradiso). Hierdie publikasie word aanbeveel vir navorsende en benieude lesers met ’n besef van religieuse krisis en die behoefte aan ’n integrerende visie: skynbaar onoorkomelike historiese diskontinuïteite en skynbaar onversoenbare hedendaagse breuke en konflikte.

This book is included in DOAB.

Why read this book? Have your say.

You must be logged in to comment.

Rights Information

Are you the author or publisher of this work? If so, you can claim it as yours by registering as an Unglue.it rights holder.

Downloads

This work has been downloaded 1 times via unglue.it ebook links.
  1. 1 - pdf (CC BY-NC-ND) at OAPEN Library.

Keywords

  • Dante Alighieri Paradiso Afrikaanse vertaling
  • Dante mistieke interpretasie
  • Divina Commedia Inferno Purgatorio Paradiso Afrikaanse vertaling
  • filosofie van godsdiens mistieke teologie Middeleeuse mistiek
  • godsdiensfilosofie mistiek kultuurgeskiedenis
  • J.S. Krüger Dante vertaling Afrikaanse literatuur
  • Middeleeuse literatuur Christelike geloof Griekse filosofie
  • thema EDItEUR::D Biography, Literature and Literary studies::DB Ancient, classical and medieval texts

Links

DOI: 10.4102/aosis.2025.BK449

Editions

edition cover

Share

Copy/paste this into your site: