Explore
Christelike etiek in 'n sekulariserende samelewing
J. M. Vorster
2014
'Christelike etiek in ΄n sekulariserende samelewing' genereer gesaghebbende, ten volle bewese en goed beredeneerde behandeling van christelike etiek, ΄n vername onderwerp wat van kardinale belang vir die mense van Suid-Afrika is. Dit dissemineer oorspronklike navorsing, bevorder samewerking van kundiges en genereer nuwe ontwikkelings binne die spesifieke veld van die Gereformeerde teologie en Christelike etiek. Die teikenmark is spesialiste op die gebied van Sistematiese Teologie en kontekstuele bediening. Die outeur pas in die Christelike etiek die konsep van die koninkryk van God toe as die oorkoepelende paradigma, ten einde maatskaplike en kerklike probleme wat vandag ten opsigte van moraliteit ervaar word, te belig. Die hipotese van die boek word beredeneer en gestaaf deur die gebruik van ΄n baie wye verskeidenheid van klassieke, sowel as onlangse ondersoeke op die gebied van etiek. Wat hierdie spesifieke navorsing bevorder, is die feit dat die skrywer nie net na internasionale navorsers verwys nie, maar ook na Suid-Afrikaanse teoloë en die Suid-Afrikaanse situasie. Die boek besin ook oor die fenomeen sekularisasie en die begrip postsekulêre spiritualiteit, bespreek teen die agtergrond van ΄n universele natuurwet en ΄n spesifieke Skrifopenbaring en Christologie. In die lig van die uitdagings van die postmoderniteit, fokus dit op die konsepte van waarheid, geregtigheid en die profetiese roeping van die hedendaagse kerk. Die skrywer het daarin geslaag om die Christelike situasie-etiek te kommunikeer. Die werk kan navorsingsidees verryk en stimuleer, en help om versoening te bepleit.
This book is included in DOAB.
Why read this book? Have your say.
You must be logged in to comment.
Rights Information
Are you the author or publisher of this work? If so, you can claim it as yours by registering as an Unglue.it rights holder.Downloads
- 139 - pdf (CC BY) at OAPEN Library.
Keywords
- Biblicism
- Biblisisme
- Christelike etiek
- Christian ethics
- Church
- Humanities
- Huwelik
- Kerk
- Kingdom of God
- Koninkryk van God
- Marriage
- Openbaring
- Religion & beliefs
- Revelation
- Secularism
- Sekularisme
- Teologiese etiek
- Theological ethic