Explore
Hondered Jaar Kerk en Teologiese Opleiding: ‘n Kroniek van die Hervormde Kerk
J.P. Oberholzer
2010
Die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria is Suid Afrika se oudste teologiese fakulteit. Dit het begin as ‘n veelkerklike instelling met die oog op die wetenskaplike opleiding van predikante. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) is een van die stigter kerklike vennote. Die eerste inisiatiewe vir die daarstel van ‘n teologiese fakulteit in Pretoria gaan terug na die sinodale besluit van die NHKA in 1909 om ‘n Kuratorium te vestig wat as statutêre liggaam vir die strategiese beplanning van teologiese opleiding aan die destydse Tranvaal Universiteit College wat later die Universiteit van Pretoria geword het, verantwoordelik is. Die NHKA vier die honderdjarige bestaan van die Kuratorium in 2009 met die publikasie van ‘n Kroniek, geskryf deur professor J.P. Oberholzer. Dit is gepubliseer as Supplementum 9 van die HTS Teologiese Studies, Suid-Afrika se oudste vaktydskrif in teologie. Die Kroniek is uit 10 hoofstukke saamgestel: die begin (1909-1916); die formatiewe fase (1916-1933); veelkerklike vennootskap (1934-1940); interne kerklike konflik (1941-1953); politieke spanning as gevolg van apartheid (1954-1960); ekumeniese isolasie en interne stryd (1961-1970); self-interpretasie (1971-1980); rasionalisasie en optimalisering (1988-1997); veelkerklike vennootskap herstel (1998-2009).
This book is included in DOAB.
Why read this book? Have your say.
You must be logged in to comment.