Explore
Die waarheidsweg Dhammapada: Vertaal uit Pāli, verklaar, verstaan, vertolk
J.S. Krüger
2017
Hierdie boek wil ’n bydrae lewer tot die begrip van die vroeë Boeddhisme, spesifiek van die Dhammapada (een van die grootklassieke religieuse geskrifte van die wêreld) in die historiese konteks daarvan, naamlik Indië in die derde tot vyfde eeue VAJ, met ’n unieke taalkundige, religieuse en sosio-kulturele Sitz im Leben. Dit is ook gerig op die hermeneutiek van brug bou oor die historiese gaping van twee en ’n half millennia tussen antieke Indië en die huidige samelewing en op brug bou oor die gapings tussen verskeie kulture (Afrika, die Weste, Indië) en religieë, veral die teïstiese religieë (met name die Christendom) en die Boeddhisme in die huidige samelewing. Die sentrale fokuspunte van hierdie belangstelling is die wesenlike probleem-areas van die bestaan van God en die lewe na die dood. Die boek het ook ten doel ’n verdere toetsing van die moontlikheid van ’n metafisies mistieke model waarmee die outeur al ’n paar dekades lank besig is en ’n verdere verkenning van ’n strategie van vertaling uit klassieke metafisiese en religieuse tekste, in hierdie geval in Afrikaans, wat ’n betreklik nuwe medium op hierdie terrein is, wat unieke uitdagings bied. Wat navorsingsmetodologie betref, het die boek gebruik gemaak van die histories kritiese metode van verklaring van die inhoud van die Dhammapada met verwysing na die konteks daarvan. Dit steun ook op die metode (aan die fenomenologie ontleen) van die verstaan van die subjektiewe intensionaliteitstruktuur van die oorspronklik outeur(s) daarvan, uiteindelik teruggaande op die Boeddha en die metode van tendensionele vertolking, waarvolgens die intensionele struktuur geëkstrapoleer word tot ’n metafisies mistieke model van religieuse ‘vrede’. Laastens behels die boek ’n eerstehandse bestudering van die teks in die oorspronklike taal, sowel as uitgebreide sekondêre literatuur oor die aspekte hierbo. Die boek ontvou die geskiedenis en taal van hierdie Boeddhistiese teks en bring die struktuur van die stel sentrale konseptuele begrippe, die kommunikasiestyl van die boodskap en die uiteindelike doel van die stelsel aan die lig. Dit toon die relevansie van hierdie antieke denkstelsel bo-oor verskeie skeidingsfaktore aan asook die relevansie van ’n insluitende metafisies mistieke teorie van alle stelsels van uiteindelike menslike betekenistoekenning en bevestig die werk wat in hierdie verband deur die skrywer gedoen is. Laastenslewer hierdie boek ’n akademiese bydrae deurdat dit ’n vertaling van die teks bied wat deur eweknieë as uitstekend bestempel word. Die teikenlesers word as drie konsentriese sirkels voorgestel. Eerstens is daar die binne groep wat bestaan uit kenners op een of meer van die terreine van Pāli en Boeddhistiese studies, teologie, vergelykende godsdienswetenskap en filosofie. Tweedens is die boek gerig op lesers met ’n gevorderde opleiding, maar nie noodwendig op die terreine hierbo genoem nie, en met ’n breë kulturele belangstelling en derdens is die boek bedoel as waardevol vir lesers uit die algemene publiek, waar interreligieuse begrip en dialoog van groot belang is op ’n wêreldskaal, asook van besondere relevansie vir die Suid-Afrikaanse samelewing. Die outeur verklaar dat die manuskrip die uitkoms van oorspronklike navorsing deur homself is, en dat geen deel geplagieer of elders gepubliseer is nie.
This book is included in DOAB.
Why read this book? Have your say.
You must be logged in to comment.
Rights Information
Are you the author or publisher of this work? If so, you can claim it as yours by registering as an Unglue.it rights holder.Downloads
- 145 - pdf (CC BY-NC-SA) at OAPEN Library.
Keywords
- Boeddha
- Boeddhistiese
- Buddha
- Buddhism
- Christendom
- Cosmology
- Dhammapada
- Humanities
- Karma
- Kosmologie
- meditasie
- Meditation
- monk
- monnik
- Religion & beliefs