Feedback

X
J.C. Steyn en Afrikaans
0 Ungluers have Faved this Work
Met J.C. Steyn en Afrikaans – ’n viering huldig ’n aantal bekende (Afrikaanse) taal- en letterkundiges en digters vir J.C. (Jaap) Steyn aan die begin van die negende dekade van sy lewe, maar ook die taal wat hy met sy lewenswerk gedien het. In veral die vakkundige bydraes word sy akademiese werk – as taalkundige, taalhistorikus, biograaf, digter en kreatiewe skrywer – belig. Die afwisseling van taalkundige, letterkundige en skeppende bydraes wil iets weergee van die verskeidenheid van Jaap Steyn se lewenswerk. Die briefwisseling tussen Steyn en prof. Elize Botha (1973 tot 1991) is die enigste plek waar Steyn self uitvoerig aan die woord gestel word. Dit betref ’n tydperk waarin van sy belangrikste werksaamhede as kreatiewe skrywer plaasgevind het. Steyn se briewe getuig van sy gebruiklike deeglikheid, maar ook van sy eiesoortige taalvernuf, persoonlike nederigheid en oopheid vir kritiek. In baie van die skeppende bydraes word juis op hierdie persoonlikheidseienskappe gefokus én op die onvermydelike sloping wat die ouderdom meebring. Dit is opvallend dat baie van die taalkundige bydraes aspekte belig waaroor Steyn self uitvoerig gepubliseer het en soos ’n goue draad loop deur sy taalkundige werk: die geskiedenis van Standaardafrikaans en die stryd om die erkenning van Afrikaans as selfstandige, amptelik erkende, en deeglik gestandaardiseerde taal, asook die fokus op identiteit, taalverandering en taalhouding. In letterkundige bydraes weer is dit opvallend hoeveel daarvan konsentreer op die “grens-gegewe”: selfdoding, die periferale situasie van homoseksuele en bejaardes, die komplekse verhouding tussen outeur en karakter in die biografie, kultuurgrensoorskrydings en grensdeurbreking op die terreine van die narratologie en genre.

This book is included in DOAB.

Why read this book? Have your say.

You must be logged in to comment.

Rights Information

Are you the author or publisher of this work? If so, you can claim it as yours by registering as an Unglue.it rights holder.

Downloads

This work has been downloaded 26 times via unglue.it ebook links.
  1. 26 - pdf (CC BY-NC) at OAPEN Library.

Keywords

  • Afrikaans
  • Afrikaanse spitse op die leksikografiese landskap
  • Apokopoësie
  • Apophrades
  • Behoedsame skaafwerk
  • Boekensteynfontein
  • briefwisseling tussen Elize Botha en Jaap Steyn
  • Die emeritus en die gespreksgroep
  • die evolusie van skryf
  • Die identiteit van die verbeelde Afrikaanssprekende gemeenskap soos vergestalt in gedrukte advertensies uit kommersiële tydskrifte
  • die koningin van Skeba en Egipte
  • Die vergete Verlore vader van J.C. Steyn
  • dramatologies gelees
  • Germanic & Scandinavian languages
  • Geskiedskrywing en beskrywing van Afrikaans: Wat is daar nog te sê?
  • Indo-European languages
  • Institusionele taalbeleid en akademiese taalbeleid – versoenbaar binne taal-in-onderwysbeplanning?
  • klaarpraatgedigte
  • Language qualifiers
  • Onomastiek
  • Oorskryding van kultuurgrense: S.J. du Toit
  • Representasie as strategiese posisionering: J.C. Steyn se biografieë
  • spitsberaad
  • thema EDItEUR::2 Language qualifiers::2A Indo-European languages::2AC Germanic and Scandinavian languages::2ACK Afrikaans
  • Toe die Derde Afrikaanse Woordelys en Spelreëls die eerste Afrikaanse woordelys en spelreëls was
  • Twee terugblikgedigte
  • ’n Argument vir verraad en verset
  • ’n Gedig
  • ’n Kortverhaal
  • ’n Sosiolinguistiese bespreking van die taalgebruiksvergestalting van bejaardheid in Elsa Joubert se Spertyd

Links

DOI: 10.18820/9781928424338

Editions

edition cover

Share

Copy/paste this into your site: